Fifa-baas Blatter jammer oor gay-uitlating
2010-12-17 17:24
Aboe Dhabi - Sepp Blatter, president van die sokkerbeheerliggaam Fifa, het Vrydag om verskoning gevra vir sy uitlatings dat gay sokkerliefhebbers hul van seks moet weerhou tydens die 2022 Wêreldbeker-toernooi in Katar.
Hy het hierdie uitlating vandeesweek in Suid-Afrika gemaak, gebaseer op Katar se streng anti-gay wetgewing.
"Dit was nooit my bedoeling om te diskrimineer nie. Dis presies waarteen ons as Fifa is, en as ek iemand seergemaak het, is ek jammer," het hy Vrydag vanuit Aboe Dhabi gesê.
Sy uitlating het hewige reaksie ontlok van verskeie gayregte-groepe, wat aangedring het op 'n verskoning van hom af.
Bly op hoogte van die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA