Engelse speler se WB-droom aan skerwe

2010-03-05 16:01
Tweets Share Share line Print

Londen - Die Manchester United doelskieter Michael Owen sal 'n operasie vir 'n dyspierbesering moet ondergaan en vir die res van die seisoen buite aksie wees.

Owen het sy dyspier verlede Sondag in 'n Engelse ligawedstryd teen Aston Villa op Wembley in die eerste helfte seergemaak en mank van die veld geloop.

Op 30-jarige ouderdom beteken dié terugslag, dat die deur wat op 'n skrefie oop was vir 'n kans om vanjaar in die Wêreldbeker vir Engeland te speel, nou finaal toegemaak is.

Manchester United se afrigter, Alex Ferguson, het erken dat Owen se besering ernstiger is as wat hulle aanvanklik gedink het en die Skot het gewaarsku oor die toestand van die gras op Wembley.

"Daar bestaan geen twyfel dat die swaar speelveld op Wembley iets met sy besering te doen het nie," het Ferguson gesê.

Ten spyte van ‘n rekord 40 doele in 89 wedstryde vir sy land, is Owen nog nie deur Engeland se afrigter Fabio Capello vir 'n wedstryd gekies nie.

- AFP
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sokker  |  2010  |  manchester united

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

neels.swart.7 sê... Ek glo jou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Magic Developer

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R384000

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2003
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.