Engeland oefen in Rustenburg vir WB
2009-12-15 22:52
Londen - Engeland se breier Fabio Capello het bevestig dat sy span in Rustenburg gaan oefen tydens die 2010 Wêreldbeker-toernooi.
Capello het sy kommer uitgespreek oor die toestand van die oefenvelde by die Royal Bafokeng-sportkampus toe hy vroeër vandeesmaand 'n besoek hier afgelê het.
Hy het egter sy deuntjie verander en gesê Rustenburg "is die beste plek vir ons".
Die Italianer sê hy is verseker dat die velde "in Junie wanneer ons in Suid-Afrika is, reg sal wees".
Engeland speel sy openingswedstryd in Rustenburg teen Amerika op 12 Junie.
Capello het gesê Rustenburg is "stil, goed vir sekerheid en naby aan die stadion waar ons die eerste wedstryd speel".
– Sapa-AP