Eng-klub sê nee vir vuvuzelas
2010-07-20 13:29
Londen - Die Engelse sokkerklub, Tottenham Hotspurs, het die eerste klub in die Engelse Premierliga geword om vuvuzelas by hul tuisveld te verbied.
Dié klub, in die noordelike voorstede van Londen, het in 'n verklaring gesê vuvuzelas "kan 'n gevaar inhou vir openbare veiligheid en dat die geraas dit moeilik sal maak vir toeskouers om noodaankondigings tydens wedstryde by die White Hart Lane-stadion te hoor.
Tydens vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi het die geblêr van vuvuzelas dit soms onmoontlik gemaak om wedtrydkommentaar duidelik te hoor.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24
- SAPA