Duitse kultusklub wat almal aflag, bly dalk nou bo

2010-08-26 08:19
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Dis deesdae lekker om ’n Duitse sokker-ondersteuner te wees.

Die Bundesliga is opwindend, die kaartjies goedkoop en die paviljoene stampvol.

Al is dit nou nie die beste spanne in Europa nie, is die mededinging strawwer as elders en die standaard hoog genoeg dat die kampioen, Bayern München, in die laaste Kam­pioeneliga-eindstryd gespeel het.

Die klubs is solvent, die sokker lekker en die nasionale span een van die opwindendste en jongste op die internasionale toneel.

En vir buitestanders, wat ’n lekker storie soek, bied die Bundesliga hierdie seisoen sommer twee.

Hoffenheim is bo-aan die punteleer ná die naweek se afskop toe hy Werder Bremen met 4-1 vermorsel het.

Hoffenheim se sukses pla puriste: die klub het drieduisend skamele ondersteuners, maar die fortuin van ’n sake-magnaat, Dietmar Hopp, agter hom.

Klink na ’n tipiese verhaal van ’n rykaard wat PlayStation met mense wil speel, maar Hopp het op sy dag self vir Hoffenheim gespeel en het dit ondersteun toe die klub in 2000 nog in die agtste liga gespeel en hy skielik skatryk geword het.

Die stugger ondersteuners van tradisionele superklubs soos Bayern, Bremen en Eintracht Frankfurt skimp dat Hoffenheim se sukses die soort is wat Chelsea en Man City deesdae smaak – skatryk suikerpappies.

Wat dalk waar sou wees as Roman Abromovich in sy jeug vir Chelsea gespeel het en hulle steeds in die agtste liga ondersteun het toe hy skielik baas geword het van al die olie in Siberië.

Dit moet ondersteuners van versukkelde sportspanne se droom wees: soveel geld dat jy die span mededingend kan maak.

Hopp leef dit uit.

Niemand kan kla oor FC St. Pauli nie – dié bestaan al sedert 1899 en was een van die stigtersklubs van die Bundesliga.

Die klub, wat die Reeperbahn-rooiligdistrik van Hamburg verteenwoordig, dobber gewoonweg tussen die tweede en vierde ligas rond en het so pas vir die eerste maal in ’n dekade na die eerste Bundesliga deurgedring.

Die Reeperbahn lok die randfigure van die samelewing en hul klub en verteenwoordig vryheid van denke.

Hulle draf uit op die maat van ACDC se Hells’ Bells.

Dis die metal-klub, dis die klub vir die punk rocker en die gay, die klub wat sy linkse politiek geesdriftiglik genoeg beoefen dat die Chinese regering al druk op hom geplaas het om nie ’n Tibettaanse span te laat speel nie.

St. Pauli het China afgelag.

St. Pauli lag almal af.

En ’n weg-oorwinning met 3-1 oor Freiburg getuig dalk dat hierdie kultusklub dalk bo is om te bly.

Ek hoop vir seker so. 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Eidel sê... Stormers julle het karakter gewys oor-see toe die beserings so erg was. Nou kan julle weer vir die land wys wat is karakter en hoe speel julle vir mekaar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Beauty Sales Consultants Wanted

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R8000 - R26000

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.