Danny Jordaan ontvang toekenning
2011-02-01 14:37
Kaapstad - Die FW de Klerk Stigting het Dinsdag in 'n persverklaring aangekondig dat sy eerste jaarlikse Welwillendheidstoekenning oorhandig sal word aan Danny Jordaan vir sy bydrae tot die sukses van die Wêreldbeker-sokkertoernooi, nasionale eenheid en die welwillendheid wat hy tussen Suid-Afrikaners as hoof van die plaaslike reëlingskomitee bevorder het.
Die toekenning is verlede jaar ingestel deur die raad van die FW de Klerk Stigting om erkenning te gee aan mense wat uitsonderlike bydraes gelewer het tot die bevordering van eenheid tussen Suid-Afrikaners.
Onder Jordaan se leierskap het Suid-Afrikaners vanuit die publieke, privaat- en NRO-sektore saamgewerk om die sukses van die toernooi te verseker.
Die toekenning sal Woensdagaand aan Jordaan oorhandig word tydens 'n gala-ete by die Vineyard Hotel in Nuweland, Kaapstad.
Die raad van die FW de Klerk sal die toekenning in die toekoms jaarliks toeken op grond van nominasies deur die publiek en ander organisasies.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24