Chelsea-speler in skietvoorval
2011-02-28 12:32
Londen - Chelsea het Sondag in 'n verklaring gesê stappe sal geneem word nadat dié klub se verdediger, Ashley Cole, glo 'n student per ongeluk met 'n .22 geskiet het sonder dat hy besef het die geweer is gelaai.
Volgens die News of the World het die Engeland-speler 'n week gelede met 'n .22-geweer by Chelsea se oefengronde in Cobham, 'n dorp suid van Londen, opgedaag.
Die koerant berig Tom Cowan, 'n student in sportsielkunde, is per ongeluk in die sy gewond nadat Cole die wapen op hom gerig het en geskiet het.
Die verklaring wat deur deur Chelsea uitgereik is, lui: "Ons het die voorval volledig ondersoek en sal die nodige stappe neem."
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24