Chelsea-kaptein ry sekuriteitsbeampte raak
2010-03-18 03:23
Londen – Chelsea se kaptein, John Terry, is deur die polisie ondervra na hy ‘n lid van die klub se sekuriteitsdiens met sy kar raakgery het.
Volgens Chelsea was Terry se kar omring deur fotograwe en aanhangers toe hy uit die Stamford Bridge parkeer area ry.
‘n Lid van die sekuriteitsdiens is gestamp, maar Terry het net aangehou ry.
Die 35-jarige sekuriteitsbeampte se been is tydens die voorval gebreek.
Blykbaar was Terry bewus daarvan dat sy kar kontak gemaak het, maar hy het nie besef dat iemand seergekry het nie.
Sky News het berig dat Terry met die polisie oor die voorval gepraat het en dat hy ‘n alkohol-asemtoets moes doen.
– Sapa