Chelsea bied R32 milj. vir Pienaar
2011-01-14 11:37
Kaapstad - Die Engelse sokkerklub Chelsea het 'n aanbod van £3m (sowat R32 miljoen) aan die Suid-Afrikaanse sokkerspeler Steven Pienaar gemaak, het The Sun Vrydag berig.
Alhoewel Tottenham Hotspur ook belangstel in Pienaar se dienste, sal die Suid-Afrikaner tot die Engelse somer moet wag om dié transaksie te beklink.
Daarenteen soek Chelsea-breier Carlo Ancelotti na onmiddelike versterkings vir die Blues wat hard deur beserings getref is.
Die 28-jarige Pienaar kan aan die buitekant of in die middelveld agter een van die doelskieters vir Chelsea speel.
'n Posisie wat gewoonlik deur Yossi Benayoun gevul word. Maar Benayoun is tans tot Maart op die kantlyn weens 'n besering.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24