Celtic steeds onoorwonne in 2010

2010-03-09 08:26
Tweets Share Share line Print

Johann de Jager

Bloemfontein - Bongani Ndulula het Saterdag hier – pas nadat hy in die 68ste minuut as Bloemfontein Celtic se derde en laaste plaasvervanger opgestuur is – die gelykmakende doel teen Orlando Pirates­ behaal.

Maar dié uitslag van 1-1 in die laaste ligawedstryd in ’n stampvol Seisa Ramabodu-stadion het nie enige invloed op dié sokkerspanne se eindposisies gehad nie. Die Buccaneers het die Premiersokkerliga (PSL) in die vyfde plek afgesluit, terwyl Celtic sesde geëindig het.

Celtic sal nietemin breëbors rondloop omdat hy onoorwonne in sy laaste sewe ligawedstryde was, waarin hy twee keer aan die wenkant was en Saterdag hier ’n vyfde keer gelykop gespeel het.

Dié uitslag het hom duur te staan gekom. Celtic sal Saterdag in die Orlando-stadion in die herontmoeting tussen dié spanne (in die Telkom-uitklopreeks) sonder vyf spelers moet klaarkom, wat hier in aksie was.

Die Celtic-kaptein, Thabo Nthethe, en Tlou Segolela is saam met die Bafana-oefengroep in Brasilië, terwyl die verdedigers Mbhuyiselo Sambu, Michael Khaile en Johannes Motlhaping skorsings uitdien weens die derde geelkaarte wat hulle Saterdag ontvang het.

Pirates se doelwagter, Moeneeb Josephs, Gert Schalkwyk, Lucas Thwala, Andile Jali, Thulasizwe Mbuyane en Teko Modise sal die wedstryd ook oor hul nasionale verpligtinge misloop.

* Pirates moes Saterdag in die eerste helfte die voortou geneem het, maar Celtic se briljante Kameroense doelwagter, Patrick Tignyemb, het Thwala se poging van die strafkolletjie af gekeer.

Ndumiso Mabena het die besoekers kort ná die hervatting van die tweede helfte laat voorloop.

Ndulula het Moses Spandeel pas vervang toe hy in die 70ste minuut die gelykmakende doel vir Celtic behaal het.

* Die finale PSL-puntestand ná die 30 wedstryde dié seisoen is:

1. SuperSport United 57, 2. Mamelodi Sundowns 56, 3. Kaizer Chiefs 51, 4. Santos 47, 5. Orlando Pirates 44, 6. Bloemfontein Celtic 42, 7. Ajax Cape Town 42, 8. Moroka Swallows 42, 9. AmaZulu 39, 10. Wits 35, 11. Maritzburg United 35, 12. Golden Arrows 32, 13. Free State Stars 31, 14. Platinum Stars 31, 15. Black Aces 26, 16. Jomo Cosmos 24.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

ardugpc sê... Regstelling, Woensdag was die tweede dag van toets/oefensessie. Wat ons ook nie moet vergeet nie is dat Rubens Barrichello verlede jaar 'n paar keer op no 1 plek gestaan het met die oefensessies, maar met nie veel sukses in die seisoen nie. 'n Mens kan 'n gevoel kry van hoe die karre se betroubaarheid is, maar hier word ongelukkig geen punte toegeken nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Figo 1.4 TDCi Ambiente Dsl 5-dr
2012
R 133,330.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 126,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Playa 1.8 5-dr
1999
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.