Burkina bitterbek

2011-08-12 08:14
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die uitbarsting van Burkina Faso se sokkerafrigter, oomblikke nadat Suid-Afrika sy span Woensdagaand met 3-0 afgeransel het, is niks anders nie as suur druiwe.

Só het Pitso Mosimane, die Bafana Bafana-breier, Donderdag gesê nadat Paulo Duarte, sy Wes-Afrikaanse eweknie, ná sy span se liederlike nederlaag hier op Coca-Colapark gal gebraak het.

Duarte het kort ná die vriendskaplike wedstryd uitgevaar teen die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) se “patetiese reëlings”.

“Dié was ’n baie belangrike wedstryd vir ons ten opsigte van ons wêreldranglys-posisie,” het Duarte gesê.

“Maar ek kon met net die helfte van my spelers speel weens Safa se swak beplanning.

“Ek het lank voor die wedstryd my spanlys aan Safa gestuur, maar hulle het niks gedoen nie.

“Gevolglik kon sewe van my spelers nie betyds visums kry nie, maar dit was waarskynlik deel van hul (Safa se) taktiek,” het Duarte gesê.

Volgens die afrigter van die Suid-Afrikaanse span was dit nie nét Duarte wat met ’n gelapte span moes klaarkom nie.

“Ons was self sonder Steven Pienaar, Reneilwe Letsholonyane, Davide Somma, Anele Ngcongca én Kagiso Dikgacoi.

“Bongani Khumalo en Bernard Parker was boonop in die eerste helfte op die plaasvervangersbank, so ek koop glad nie sy (Duarte se) verskonings nie.

“Burkina Faso het ’n volledige span gehad met feitlik ál hul spelers wat in Europa se voorste ligas speel, maar hulle kon eenvoudig net nie die bal in die hande kry nie!”

Die Suid-Afrikaners, wat 10 plekke laer is as die besoekers op die wêreldranglys, was van meet af aan in beheer van sake.

Bafana Bafana het so byna in die derde minuut voorgeloop.

Siboniso Gaxa se skitterpoging van ver buite die besoekers se doelgebied is net-net deur German Sanou, die besoekers se doelwagter, weggeklap.

Sanou het enkele minute later hulpeloos toegekyk toe ’n vryskop deur die Bafana-doelskieter Katlego Mphela verby sy uitgestrekte hande geseil en agter in die doelhok geklap het.

Siphiwe Tshabalala, Bafana se waarnemende kaptein, het dit 2-0 gemaak toe hy ’n perfekte terug­aangeë van Thulani Serero weggebêre het.

Serero, in net sy tweede wedstryd in die Groen-en-Goud, was ook instrumenteel in Bafana se derde doel, en Mphela se tweede, toe hy die Burkina Faso-verdediging met ’n eksieperfeksie lang aangeë oopgekloof – en Mphela vir Sanou aan sy regterkant geklop – het.

Daarmee het Killer, soos Mphela bekend staan, sy doeltotaal tot 21 opgestoot.

Hy het net die derde Suid-Afrikaanse speler tot nog toe geword wat meer as 20 keer die doelnet op die wêreldverhoog laat bult het.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: burkina faso  |  sokker  |  bafana bafana

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2011
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,950.00

TOYOTA

Condor 3000D Estate TE MPV Dsl MY01
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.