Brendan Parker oefen by Leicester City
2010-12-14 21:50
Londen - Bafana Bafana se ster-doelskieter Brendan Parker het in Engeland aangeland om aan proewe vir Leicester City deel te neem.
Hy is glo aan die span se afrigter Sven-Goran Eriksson aanbeveel deur laasgenoemde se seun Johan, wie vir Parker sedert sy jongdae by Thanda Royal Zulu ken.
Parker was die plaaslike liga se giftigste doelskieter voordat hy homself by Red Star Belgrade aangesluit het. Maar dié klub het geldprobleme opgetel en kon nie hul kontraktuele verpligtinge teenoor die Suid-Afrikaner nakom nie.
Toe pak Parker sy tasse vir die Nederlandse span FC Twente. Hoewel hierdie span hul liga gewen het en vir die UEFA-kampioenskappe gekwalifiseer het, was Parker se aandeel in sy span se sukses maar bra min.
Hy het nie veel speelkans gekry nie, en sy stem dik gemaak hieroor.
- Supersport.com