Brasilië se Ronaldo hang stewels op
2011-02-14 14:48
Sao Paulo - Die Brasiliaanse sokkerheld Ronaldo, wat daartoe bygedra het dat sy land die Wêreldbeker twee keer wen, het Maandag sy uittrede aangekondig.
Ronaldo (34) het aan die media gesê dat hy graag nog sou wou speel, maar dat sy liggaam te moeg en seer is.
Die doelskieter het vroeër gesê dat hy die einde van die jaar wil uitree, maar 'n rits beserings het nou daartoe gelei dat hy vroeër gaan ophou.
Hy was by drie geleenthede Fifa se Speler van die Jaar - 1996, '97 en 2002.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- RSG