Blatter vra ondersoek na omkopery
2011-10-19 14:22
Londen – Fifa se president, Sepp Blatter, gaan vra vir die vrystelling van hofdokumente wat moontlike korrupsie onder amptenare in die negentigerjare kan onthul, het RSG Woensdag berig.
Senior amptenare het, volgens die hofdokumente, glo tydens die negentigerjare omkoopgeld ontvang in ruil vir die toekenning van televisie-en borgskapregte.
Die dokumente hou verband met 'n strafregtelike ondersoek na die ineenstorting van Fifa se voormalige bemarkingsvennoot, International Sport and Leisure.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24