Blatter: WB-kritici is anti-Afrika
2010-02-13 05:27
Kaapstad - Fifa-president Sepp Blatter meen daar kan geen vergelyking getref word tussen die aanval op die Togolese sokkerspan en die komende Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika nie.
Blatter het Donderdag aan die Duitse persagentskap DPA gesê dit is "onsin" om die terroriste-aanval tydens die onlangse Afrikabeker-toernooi in Angola met die Wêreldbeker-toernooi te verbind.
Die Fifa-president meen dit is 'n "anti-Afrika beweging" wat die vergelyking tref.
"Daar is steeds diegene in die Ou Wêreld wat vra: Hoekom die joos moet Suid-Afrika die Wêreldbeker-sokkertoernooi aanbied?" het Blatter gesê.
"Dit was maklik vir die kolonialiste om die afgelope honderd jaar die beste uit Afrika te vat, en om nou die beste sokkerspelers te vat.
"Maar wanneer dit kom by iets teruggee, wil hulle nie," het die sokkerbaas gesê.
Lees meer hier.