Blaser van 1958 WB-eindstryd sterf
2011-03-02 12:12
Parys - Die skeidsregter wat in die eindstryd van die 1958 Wêreldbeker-sokkertoernooi tussen Brasilië en Swede geblaas het, Maurice Guigue, is Maandag in die ouderdom van 98 jaar oorlede, het die Franse sokkervereniging (FFF) aangekondig.
Guigue was skeidsregter in vier wedstryde van die 1958 Wêreldbeker insluitende die eindstryd waar Pele die held was in die Brasilianers se oorwinning van 5-2 teen Swede.
Naas Georges Capdeville in 1938 was Guigue slegs die tweede en laaste Fransman wat in 'n eindstryd van 'n Wêreldbeker-sokkertoernooi geblaas het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- AFP