Bin Hammam onttrek voor omkopery-verhoor
2011-05-29 11:00
Kaapstad – Mohamed bin Hammam, hoof van die Asiatiese sokkerkonfederasie, het onttrek uit die wedloop om president te word van die Wêreldsokkerbeheerliggaam, Fifa.
Bin Hamman en Fifa se adjunk-president, Jack Warner, word daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by beweerde omkopery en verkiesingsongerymdhede tydens 'n besoek aan die Karibiese streek.
Bin Hamman sê Sepp Blatter, Fifa se president, moet ook ondersoek word omdat hy bewus was van die ongerymdhede.
Volgens Bin Hammam is Blatter in kennis gestel van die betalings wat na bewering aan lede van die Karibiese sokkervereniging gedoen is. Hy het dit na bewering nie teengestaan nie.
Bin Hammam, Warner en Blatter verskyn Sondag voor 'n ondersoekkomitee van Fifa.
Dit is slegs enkele dae voor die verkiesing van Fifa se president.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.