Beseerde Pienaar nie in Bafana-span
2011-08-07 17:04
Johannesburg – Steven Pienaar, Bafana
Bafana-kaptein, is nie in die span vir die internasionale vriendskaplike
wedstryd teen Burkina Faso wat Woensdag in Johannesburg gespeel word nie.
Pienaar het Saterdag ‘n besering
opgedoen tydens Tottenham Hotspur se vriendskaplike wedstryd teen Atletico
Bilbao in Londen, Engeland.
Die Suid-Afrikaanse
Voetbalvereniging het Sondag gesê dat die bestuur van Bafana moet nog ‘n
plaasvervanger aankondig.
Siphiwe Tshabalala sal die leisels
in Pienaar se afwesigheid oorneem.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA