Benni moet opdok vir vetjies
2010-09-14 12:22
Johannesburg – West Ham United se sokkerafrigter Avram Grant het erken dat Benni McCarthy steeds nie fiks genoeg is om vir sy klub te speel nie.
Die Suid-Afrikaanse doelskieter is, sedert hy verlede jaar vanaf Blackburn Rovers na West Ham geskuif het, hewig oor sy gewig gekritiseer.
McCarthy het nog net sewe verskynings vir sy nuwe klub gemaak en kon tot dusver nog nie 'n enkele doel vir die sukkelende Hammers aanteken nie.
Hoewel hy reeds sowat agt kilogram afgeskud het, meen Grant dat die 32-jarige steeds nie wedstrydfiks is nie.
Volgens 'n Britse koerant skuld McCarthy West Ham £80 000 (byna R900 000) in boetes nadat hy die klub se soveelste sperdatum, om sy ideale gewig met die hulp van 'n streng fiksheidsprogram te bereik, nie kon haal nie.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24