Benni dalk oplossing vir doeledroogte

2009-09-10 08:33
Tweets Share Share line Print

Jaco van der Merwe

Johannesburg - Benni McCarthy het nie ’n towerstaf in sy sokkerstewel waarmee hy Bafana Bafana se doeledroogte gaan breek nie.

Maar die enigste Suid-Afrikaanse doelskieter met ’n bewese internasionale doelerekord se insluiting sal die eerste stap in die regte rigting wees vir die vuisvoos Bafana aan die vooraand van die Wêreldbeker-toernooi.

Terwyl meneer-spanne van regoor die wêreld straks nie plek in die die skouspel gaan kry nie, ploeter Bafana voort soos ’n klomp wat allermins ’n plek tussen die wêreld se elite verdien. Die nederlaag van 0-1 teen Ierland eergisteraand in Limerick was die sesde agtereenvolgende wedstryd waarin die nasionale span slae gekry het.

Die afrigter, Joel Santana, kan die feit dat vier van die nederlae teen spanne was wat onder die top-vyf op die wêreldranglys tel as versagtende omstandighede vir die swak vertoningslys aanvoer. Maar selfs die koddige Brasiliaan sal hard moet spook om ’n verskoning te kry vir sy span se nederlaag teen die Iere.

Ierland se 38ste plek op die wêreldranglys is wel 35 plekke bo dié van Suid-Afrika, maar hy het ’n baie swak span teen Bafana losgelaat. Sonder sy vier mees ervare spelers het die hele Ierse span omtrent net soveel internasionale ervaring gehad as die Bafana-kaptein, Aaron Mokoena.

Bafana het die meeste besit gehad, maar daar was weer niemand wat kon afrond nie. Steven Pienaar en Elrio van Heerden, wat eindelik ’n kans gekry het, het spel in die middelveld beheer en die besoekers sonder moeite tot diep in die teenstanders se gebied geneem. Die twee skerpskutters, Katlego Mphela en Bernard Parker, kon egter net loskruit vuur met al die kanse wat die middelveldspelers geskep het.

Santana praat gereeld van die lesse wat sy span leer in die aanloop tot die Wêreldbeker-toernooi, maar miskien is dit hoog tyd vir hom om uit sy eie foute te leer en die omstrede McCarthy se insluiting te oorweeg. Veral nadat hy ’n ander lid van die “boksombende”, die doelskieter Mabhudi Khenyeza, nog ’n kans gegee het.

Santana kan op sy kop staan en verkondig dat Bafana ’n “goeie vierde plek” tydens die onlangse Konfederasiebeker-toernooi behaal het, maar ondersteuners is nie blind nie. Bafana het eintlik net vir Nieu-Seeland in die toernooi geklop, het nou ses wedstryde in ’n ry verloor en maak steeds net skandes teen Europese spanne.

En ook net vir u aandag, sénhor Santana: McCarthy was die laaste Bafana-speler wat ’n doel teen ’n Europese span op die vasteland kon aanteken. ’n Volle vier jaar en drie dae gelede in Bremen teen Duitsland.

Sport24

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2011
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,950.00

TOYOTA

Condor 3000D Estate TE MPV Dsl MY01
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.