Benni beboet as hy nie vetjies afskud
2010-08-13 14:31
Johannesburg – Benni McCarthy sukkel om betyds gewig te verloor vir die nuwe Premierliga-seisoen.
Die Suid-Afrikaner sukkel met sy fiksheid sedert hy ‘n £2.5 miljoen (sowat R28,5 miljoen) skuif van Blackburn in Januarie gemaak het.
Sy liggaamsvet was 24,2 % in Mei.
‘n Gesonde manlike atleet moet tussen vyf en 12% op die liggaamsmassa-indeks (LMI) meet, terwyl 20-25% die mikpunt is vir meeste middeljarige mans.
Nadat McCarthy uitgemis het op ‘n plek in Suid-Afrika se Wêreldbeker-span het die 32-jarige teruggekeer vir voor-seisoen oefensessies by West Ham en het hy afgeskaal na 16%.
David Sullivan, West-Ham se voorsitter, het gewaarsku dat McCarthy £38 000 (sowat R431 000) - ‘n week se salaris – beboet kan word as hy nie nog ‘n kilogram in die volgende week afskud nie.
Lees meer by football365.co.za
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg