Benitez groet Liverpool ná swak seisoen
2010-06-04 05:57
Liverpool - Rafa Benitez, bestuurder van die sokkerklub Liverpool, het Donderdag aangekondig dat hy dié klub vaarwel gaan toeroep.
Benitez meen die klub het 'n nuwe begin nodig.
Die klub het 'n verklaring uitgereik en gesê Benitez verlaat die klub ná 'n "gesamentlike ooreenkoms bereik is."
Benitez was ses jaar bestuurder van die klub.
Martin Broughton, bestuurder van Liverpool, het gesê die span se swak vertoning in die afgelope seisoen het beteken Benitez moet gaan.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sapa - AP