Beckhams soek nie 'vuil' geld
2010-09-29 12:03
Kaapstad - David en Victoria Beckham het beloof om die geld wat hulle in 'n hofsaak van 'n prostituut eis, alles aan liefdadigheid geskenk sal word.
Die Beckhams het besluit om regstappe te neem teen die prostituut Irma Nici nadat sy beweer het dat die LA Galaxy-speler haar vir seks betaal het.
Volgens 'n berig in The Sun het die glanspaartjie beloof dat elke sent van die "vuil" geld wat hulle in die hofsaak ontvang vir liefdadigheid gebruik sal word.
Die £16m (sowat R176 miljoen) wat Beckham eis nadat Nici beweer het dat hy haar betaal het om met hom te slaap, sal reguit in die rekening van die David Beckham Liefdadigheidsfonds betaal word.
Beckham (35) is so gretig om te bewys dat die prostituut se bewerings vals is, dat hy glo bereid is om 'n Amerikaanse jurie toe te laat om in sy privaat lewe rond te krap.
Volg Nuus24 op Twitter.