Beckham se tyd verby?
2010-08-13 07:44
Londen – Die voormalige kaptein van Engeland, David Beckham, het gesê dat hy altyd beskikbaar sal wees om vir sy land te speel, ten spyte van die aankondiging Woensdag deur bestuurder Fabio Capello dat hy nie meer die 35-jarige vir kompeterende wedstryde gaan kies nie.
Beckham, wat steeds herstel van sy achilles-besering wat hom uit die Wêreldbeker-sokkertoernooi gehaal het, was nog nie gereed om Woensdag in Wembley in die span se vriendskaplike wedstryd teen Hongarye te speel nie.
Tog is die voormalige Manchester United middelveldspeler so verras soos enigiemand deur Capello se kommentaar en het ‘n onmiddellike verklaring deur sy agent gereël.
“Ter inligting was daar geen bespreking oor aftrede nie,” het die verklaring gesê.
“Hy sal altyd beskikbaar wees vir sy land, as hy fiks is en as dit nodig is sal hy daar wees.”
Capello het erken dat hy nog nie vir Beckham gekontak het om hom oor sy gedagtes in te lig nie.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- Sapa-DPA