Beckham kap Blatter oor rassisme
2011-11-18 12:56
Los Angeles – Die voormalige Engelse sokkerkaptein David Beckham het FIFA se president Sepp Blatter se menings oor rassisme in die sport veroordeel.
“Ek dink sy uitlatings was verskriklik,” het Beckham, wat in Amerika vir die Los Angeles Galaxy speel, Donderdag gesê.
“Ek dink nie sy uitlatings was baie goed vir die sport nie,” het hy bygevoeg.
Die hoof van wêreldsokker se beheerliggaam is Woensdag wyd veroordeel toe hy gesê het spelers wat rassisties deur opponente behandel is moet hul verskille met ‘n handdruk uit die weg ruim.
“Ek het geen mag oor wie kom en gaan by FIFA nie en ek wil dit ook nie hê nie,” het Beckham gesê, “maar rassisme is duidelik die laaste paar jaar in sokker sigbaar.”
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- AFP