'Beckham het asma'
2009-11-24 11:22
Londen - David Beckham ly sedert kindsbeen aan 'n matige vorm van asma, het die Engelse middelveldspeler se woordvoerder gesê.
Die 34-jarige Beckham Sondag met 'n asmapompie afgeneem tydens LA Galaxy se wedstryd teen Real Salt Lake in Seattle.
"David ly sedert hy 'n jong seun was aan asma, maar dit het nog nooit sy vermoëns affekteer nie," het Beckham se agent, Simon Oliveira, aan The Daily Mail gesê.
"Hy wou dit nog nooit bekendmaak nie, maar as dit enige asmalyer inspireer om groter hoogtes te bereik, is dit 'n goeie ding."
Beckham het vir die tweede keer in twee weke oortyd gespeel en het ná die wedstryd erg gehoes omdat hy voor die MLS-eindstryd 'n verkoue gehad het.
Die Engelse veteraan het drie inspuitings gekry om die pyn in sy gekneusde regtervoet voor Sondag se wedstryd vir die MLS-span Los Angeles Galaxy te verminder.
Hy het die span se enigste doel van die wedstryd aangeteken en het 120 minute, insluitend 30 minute oortyd, gespeel.
Ná Real Salt die wedstryd op strafskoppe gewen het, het Beckham gesê dat hy vir die vierde seisoen van sy vyfjaar MLS-kontrak gaan terugkeer.
Beckham het ook gesê hy oorweeg om 'n MLS-span te koop.
– Reuters