Beckham hernu kontrak met LA Galaxy
2012-01-19 14:54
Los Angeles – David Beckham het sy kontrak met die Los Angeles Galaxy hernu en ingestem tot 'n twee jaar kontrak met dié Amerikaanse sokkerliga-span.
Die 36-jarige voormalige Engeland-kaptein het die kontrak Woensdag geteken nadat hy 'n kans om terug te skuif na Europa, deur vir die Franse klub Paris Saint-Germain te speel, van die hand gewys het.
In 'n verklaring wat aan die Associated Press gerig is, het Beckham gesê: "Ek het talle aanbiedinge van klubs regoor die wêreld ontvang, maar het steeds 'n passie om in Amerika te speel en kampioenskappe met die Galaxy te wen."
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24
- Sapa - AP