Bayern Munich reken af met Lyon
2010-04-22 00:41
Munich – Bayern Munich het Lyon met 1-0 in hul Kampioeneliga-halfeindstryd geklop danksy 'n wendoel in die tweede helfte deur Arjen Robben.
Robben het in die 69ste minuut 'n besoek aan die doelhok gemaak met 'n bietjie hulp van sy spanmaat Thomas Mueller.
Franck Ribery van Bayern is in die 37ste minuut van die wedstryd van die veld af gestuur ná 'n onderonsie met Lisandro, en die Lyon-verdediger Jeremy Toulalan is in die 54ste minuut ook afgestuur.
Bayern het deur die loop van die wedstryd 'n hele paar geleenthede gehad om doele aan te teken, terwyl Lyon hoofsaaklik staat gemaak het op sporadiese teenaanvalle.
- Sapa - AP