Banyana klop Zambië in kwalifisering vir Spele
2011-01-16 12:02
Johannesburg - Banyana Banyana, die Suid-Afrikaanse sokkervrouespan, het hul veldtog om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer, Saterdag in Lusaka met 'n 2-1 oorwinning Saterdag oor Zambië begin.
Die volgende wedstryd is einde Januarie in Durban. Banyana word afgerig deur Joseph Mkhonza, wat slegs in 'n waarnemende hoedanigheid aangestel is.
Die Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa), het bevestig dat die vorige afrigter, Augustine Makalakalane se kontrak nie hernu sal word nie.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24