Bafana wys Zim hoe dit gedoen word
2010-01-27 23:48
Durban – Bafana Bafana het ‘n belangrike stap geneem op die pad na herstel voor die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi met ‘n 3-0 oorwinning teen Zimbabwe in hulle vriendskaplike wedstryd by die Moses Mabhida stadion in Durban Woensdagaand.
Bafana se afrigter Carlos Alberto Parreira sal trots wees op die manier waarop sy spelers beheer geneem het in die tweede helfte na ‘n swak eerste 45 minute.
Die oorwinning was ‘n goeie einde aan ‘n suksesvolle twee week lange oefenkamp in Durban, waarin Bafana verlede naweek ook vir Swaziland 6-2 in ‘n oefen-wedstryd gewen het.
Die wedstryd teen Zimbabwe Woensdagaand was ‘n amptelike wedstryd en die span het vir Parreira sy eerste wen in drie wedstryde gegee sedert hy Joel Santana in November vervang het.
Die voormalige Brasiliaanse Wêreldbeker-wenner is onoorwonne in die drie wedstryde sedert hy afrigter is, met die ander twee wat gelykop gespeel was.
Lees die volle storie by Sport24
- Sapa