Bafana-wonderkind op pad na Holland
2011-04-14 22:00
Johannesburg - Slegs ‘n paar dae ná sy 20ste verjaardag vertrek die Bafana Bafana-wonderkind, en middelveldspeler van Ajax Kaapstad, Thulani Serero na Holland om by Ajax Amsterdam aan te sluit.
Dit sal ‘n verkenningsreis wees vir die betrokke partye om die formaliteite van die skuif uit te stryk.
Serero sal nie enige van Ajax Kaapstad se Premierliga-wedstryde misloop nie.
Die afrigter van Ajax Kaapstad, Foppe de Haan, het gesê hy het “geen twyfel daaraan” nie dat Serero ‘n kontrak met die beroemde Nederlandse klub kan sluit en dat hy hoogs suksesvol in die Europese sokkerlandskap kan wees.
Serero, wat reeds deur die Bafana Bafana-afrigter, Pitso Mosimane, geoormerk is vir groot dinge by die nasionale span, is deur Ajax Kaapstad opgeraap en tot ‘n ster geslyp.
Hy is in Soweto gebore, waar die drie groot klubs – Orlando Pirates, Kaizer Chiefs en Moroka Swallows – die talentvolle speler deur hul vingers laat glip het.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA