Bafana voel druk

2010-08-31 07:51
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Suid-Afrikaanse sokkerspan dra maar swaar aan die gunsteling-etiket aan die vooraand van sy eerste kwalifiserende wedstryd vir die Afrikabeker-toernooi in 2012, sê Pitso Mosimane.

Dié Bafana Bafana-afrigter het gister erken dat die druk vierkant op die skouers van sy span sal wees wanneer hy Saterdag in die Mbombela-stadion in Nelspruit met Niger swaarde kruis.

Veral nadat Bafana pas twee van hul beste seges van die dekade behaal het.

Die Suid-Afrikaners het Frank­ryk, destyds op agt na die voorste span ter wêreld, in hul laaste wedstryd in die onlangse Wêreldbeker-toernooi verras en vroeër vandeesmaand boonop met Ghana, Afrika se vlagskip-span in die toernooi, afgereken.

“Gewoonlik het ons teenstanders nie veel respek vir ons nie en probeer hulle ons van die eerste sekonde af flenters hardloop,” het Mosimane gesê.

“Teen Frankryk en Ghana het dit in ons guns getel, aangesien dit oorgenoeg kanse geskep het vir ons om teenaanvalle te loods.”

Niger gaan egter ’n heel ander storie wees, het Mosimane gesê.

Die Wes-Afrikane beklee maar die 145ste plek op die nuutste ranglys van die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) – 79 plekke swakker as Bafana.

“Ek sou verkies dat hulle ’n soortgelyke benadering volg, maar ek verwag dat hulle eerder gaan terugsit en ons sal dwing om die speelwerk te doen.

“Hul eerste prioriteit gaan gewis wees om nie doele af te staan nie.”

Daarom gaan Jingles, soos Mosimane ook bekend staan, alle versigtigheid oorboord gooi.

“Dis ’n wedstryd wat ons eenvoudig net moet wen as ons ’n stewige kans wil hê om vir die Afrikabeker-toernooi te kwalifiseer,” het hy gesê.

“Die aantal doele wat jy vroeg in die kwalifiserende ronde aanteken, kom spook altyd later weer by jou.”

En met veel strawwer wedstryde, teen Sierra Leone en die Afrika-kampioen, Egipte, wat wag, kan Bafana niks minder nie as ’n doelefees bekostig.

“Die span se selfvertroue is hoog ná ons laaste twee wedstryde, maar daar was steeds heelwat haakplekke teen Ghana wat uitgestryk moet word,” het Mosimane gesê.

“Ons was uitstekend in die eerste helfte teen hulle, maar ons afronding en die uitvoering van ons vry- en hoekskoppe was maar vrotterig in die tweede helfte.”

Altesame 24 van Bafana se 25 spelers het hulle teen gisteraand reeds by die kamp aangemeld, met net Siboniso Gaxa wat nog sy opwagting moet maak.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Eidel sê... Stormers julle het karakter gewys oor-see toe die beserings so erg was. Nou kan julle weer vir die land wys wat is karakter en hoe speel julle vir mekaar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.