Bafana vir wedstrydknoeiery ondersoek
2011-06-27 11:36
Johannesburg - Fifa se ondersoek na wedstrydknoeiery sluit twee Wêreldbeker-opwarmwedstryde van Bafana Bafana in, het TimesLive Maandag berig.
Volgens berigte fokus ondersoekbeamptes op twee vriendskaplike wedstryde wat Suid-Afrika voor die afskop van 2010 se Wêreldbeker-toernooi gespeel het.
Die wedstryde is, Bafana se 5-0 oorwinning oor Guatemala op 31 Mei en hul 2-1 oorwinning oor Columbia op 27 Mei.
Die sokkerbeheerliggaam ondersoek tans die aktiwiteite van die Niger-skeidsregter Ibrahim Chaibou, wat onlangs die wedstryd geblaas het waar Nigerië Argentinië met 4-1 vernietig het.
Chaibou het ook Bafana se wedstryd teen Guatemala geblaas.
En nou wil Fifa weet wie verlede jaar gereël dat Chaibou vir dié wedstryd na Suid-Afrika genooi word.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24