Bafana teen VSA uitverkoop
2010-11-16 16:00
Kaapstad - Kaartjies vir Woensdagaand se Nelson Mandela-uitdaagwedstryd tussen Bafana Bafana en Amerika by die Kaapstad-stadion, is reeds uitverkoop.
Volgens amptenare is al 50 000 beskikbare kaartjies opgeraap ten spyte daarvan dat die wedstryd eers om 21:30 afskop.
Met agt veranderinge wat gemaak is aan die span wat doelloos (0-0) teen Sierra Leone geëindig het, is dit bykans 'n heel nuwe Bafana-span wat in die Kaap sal uitdraf.
Dieselfde sekuriteits- en veiligheidsreëls wat by die Wêreldbeker-sokkertoernooi in plek was, sal Woensdag by die Kaapstad-stadion toegepas word. En toeskouers word aangeraai om openbare vervoer te gebruik, het amptenare gesê.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24