Bafana-ster se plaasvervanger ook mank

2010-08-10 09:30
Tweets Share Share line Print

Pitso Mosimane, afrigter van Bafana Bafana, hou ’n fyn ogie oor gister se oefening op Sturrock-park in Johannesburg. Foto: Lefty Shivambu, Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Die beseringspook het Maandag wéér in die Bafana Bafana-kamp gedraai, aan die vooraand van dié span se wedstryd teen Ghana.

Orlando Pirates se belowende jong middelveldspeler Andile Jali sal straks môre se kragmeting in die Soccer City-stadion buite Soweto misloop nadat hy ’n enkel beseer het.

Dit het in die naweek se Telkom Charity Cup-eindstryd teen Kaizer Chiefs gebeur.

Hy is vroeër ingesluit as plaasvervanger vir nog ’n manke, Kagisho Dikgacoi, wat weens ’n dyspierbesering onttrek moes word aan die Suid-Afrikaanse afrigter, Pitso Mosimane, se groep van 22 spelers.

Tog het Mosimane gister gesê sy span is gerat vir die gevaarlike Black Stars, wat die kwarteindronde van die Wêreldbeker-toernooi in Julie in Suid-Afrika gehaal het.

Die Wes-Afrikane het gister in die land aangekom, met die meeste van hul WB-brekers – onder wie Asamoah Gyan en Kwadwo Asamoah.

“Bestendigheid is ons groot mikpunt vir dié wedstryd,” het Mosimane gesê.

“Ons weet waartoe Ghana in staat is, maar ek glo ons kan hulle klop.”

Hy wag steeds op MacBeth Sibaya en Anele Ngcongca, wat hulle eers vandag by die span sal aansluit nadat hulle die naweek nog vir hul klubspanne in onderskeidelik Rusland en België uitgedraf het.

Volgens Mosimane sal dié kragmeting dien as voorbereiding vir die Suid-Afrikaners se eerste kwalifiserende wedstryd vir 2012 se Afrikabeker-toernooi, aanstaande maand teen Niger.

“Ghana is heelwat sterker as Niger en daarom is dit belangrik dat ons onsself Woensdag (môre) laat geld,” het hy gesê.

“Dis belangrik om te wen, maar terselfdertyd wil ek speelkans gee aan soveel moontlik van die ouens sodat ek weet wat hulle bied.”

Met Bafana se ster-verdediger Bongani Khumalo steeds op die krukkelys, sal Mosimane straks sy kaptein, Aaron Mokoena, Morgan Gould, Siyabonga Sangweni én Bevan Fransman inspan.

Dié 46-jarige breier het ook volgehou dat die deur na die Suid-Afrikaanse span steeds oop is vir die omstrede 32-jarige doelskieter Benni McCarthy, wat kort voor WB 2010 weens ’n dissiplinêre oortreding weggelaat is.

Matthew Booth en Siyabonga Nomvethe is nóg twee Wêreldbeker-hardebaarde wat die trekpas gekry het.

“Die deur is steeds oop vir enige speler en as ek voel dat hy ons kan help om wedstryde te wen, sal ek hom kies.

“Dis egter belangrik om te onthou dat Benni 36 sal wees met die volgende Wêreldbeker-toernooi (in 2014 in Brasilië).”


 

Lees meer oor: sokker

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2011
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,950.00

TOYOTA

Condor 3000D Estate TE MPV Dsl MY01
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.