Bafana spring op wêreldranglys
2010-07-14 13:35
Kaapstad - Bafana Bafana het na die 66ste plek op Fifa se wêreldranglys, wat Woensdag vrygestel is, geklim, ten spyte daarvan dat hulle reeds in die eerste ronde van vanjaar se Wêreldbeker-toernooi uitgeval het.
Voor die afskop van die Wêreldbeker, was Suid-Afrika in die 83ste plek. Nou is hulle 12de in Afrika.
Vanjaar se Wêreldkampioene, Spanje, het Brasilië van die boonste plek gestamp en beklee nou die nr. 1-posisie.
Frankryk, wat die Wêreldkampioene in 1998 was, het na hul swak WB-vertoning vanaf die 9de tot die 21ste plek gedaal.
Top 10 spanne:
1. Spanje
2. Nederland
3. Brasilië
4. Duitsland
5. Argentinië
6. Uruguay
7. Engeland
8. Portugal
9. Egipte
10. Chili
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24