Bafana-spelers ook skuldig

2009-10-15 09:55
Tweets Share Share line Print

Jaco van der Merwe

Johannesburg - Die lang messe word vir die nasionale sokkerafrigter Joel Santana geslyp, maar oud-spelers sê die afdanking van dié Brasiliaan waarborg nie ’n wenspan nie.

Bafana Bafana is minder as nege maande voor die Wêreldbeker-toernooi met die rug teen die muur ná hul droewige vertoningslys die afgelope drie maande.

Bafana het hul agtste nederlaag in nege wedstryde vandeesweek teen Ysland gely, wat 23 plekke onder Suid-Afrika op die wêreldranglys is.

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het Santana voor die wedstryd die versekering gegee dat hy minstens nog in aanstaande maand se twee wedstryde teen Japan en Jamaika in die stoel sal bly, maar die vrot vertoning teen Ysland kan sy moontlike afdanking bespoedig. Veral ná gerugte dat sy voorganger en landgenoot Carlos Parreira binnekort weer die leisels gaan oorneem.

Twee gewese Bafana-sterre, Mark Fish en André Arendse, het aan Sport24 gesê dat Santana se afdanking nie noodwendig ’n kitsresep vir welslae sal wees nie. Hulle glo dat Safa en die spelers ook ’n aandeel in die geploeter het.

Dís wat Fish en Arendse te sê gehad het:

Is Bafana se spelers goed genoeg?

Fish: Dit is alewig die afrigters wat in die spervuur is as die span nie welslae behaal nie, maar die spelers se vermoëns is nooit ter sprake nie. Ons sal nooit weet of hulle goed genoeg is, die afrigter se taktiek swak is en of die spelers takties bloot nie opgewasse is nie.

Arendse: Ons vertonings in die Konfederasiebeker-toernooi getuig daarvan dat ons wél die spelers het. Ons sou nooit dié toernooi gewen het nie, maar ons het goed met die wêreld se beste spanne meegeding.

Maar nou het ons ’n insinking beleef en skielik maak die verdedigers nie meer skoon nie, ons stuit nie aanvalle in die middelveld nie en teken nie doele aan nie.

Safa, die afrigtingspan en die spelers sal ’n oplossing moet vind en vinnig ook.

Het Santana rede tot kommer?

Fish: As hy afgedank word, moet dit nóú gebeur. Dit help nie om in die wedstryde teen Japan en Jamaika voort te ploeter as daar reeds ’n nuwe afrigter teen daardie tyd kan wees nie.

En as ons Japan met 1-0 met ’n strafdoel klop? Dit sal sekerlik nie genoeg vir hom wees om sy werk te behou nie.

Arendse: Dit is nie goed vir ’n span om kort voor ’n Wêreldbeker-toernooi van afrigter te verwissel nie, maar dis geen waarborg nie. In 2002 het Safa vir Carlos Queiroz kort voor die Wêreldbeker-toernooi afgedank en met Jomo Sono vervang.

Moet Parreira weer die leisels oorneem?

Fish: Parreira het ’n span gebou wat met trots gespeel het. Hy ken die spelers en Safa kan swakker besluite neem as om hom terug te bring.

Arendse: As hy regtig die wil en die passie gehad het, sou hy nooit die pad gevat het nie. Dit is belaglik om te dink dat Bafana hom nou wil terug hê.

Moet Bafana hul net wyer gooi en Amajita se o.20-sterre ’n kans gee?

Fish: Ek kan nie sien waarom Bafana nie ’n paar van die o.20-spelers ’n kans in die wedstryde teen Japan en Jamaika kan gee nie. As jy goed genoeg is, is jy oud genoeg.

Arendse: Dit help nie hulle karring nou met Bafana se groep nie. Dié outjies sal nog hul kans by die volgende Wêreldbeker-toernooie kry.

- Sport24
 

Lees meer oor: bafana bafana  |  joel santana  |  sokker

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2011
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,950.00

TOYOTA

Condor 3000D Estate TE MPV Dsl MY01
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.