Bafana se middelveld-ster nie teen Ghana

2010-08-09 11:11
Tweets Share Share line Print

Kagisho Dikgacoi

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Bafana Bafana se voorbereiding vir Woensdag se vriendskaplike wedstryd teen Ghana is die naweek geknou, toe Kagisho Dikgacoi aan dié span onttrek moes word.

Dié 25–jarige middelveldspeler van die Engelse klubspan Fulham was een van die Suid-Afrikaners se mees indrukwekkende spelers in die onlangse Wêreldbeker-toernooi, maar sal die wedstryd teen die Black Stars weens ’n dyspierbesering misloop.

Hy is reeds deur Orlando Pirates se jong Andile Jali vervang vir dié kragmeting wat om 20:30 op Soccer City begin.

Bafana het gister in Sandton saamgetrek om te slyp vir die hoogaangeskrewe Wes-Afrikane, wat laasmaand net die derde span van dié vasteland geword het om die kwarteindronde in sokker se grootste skouspel te haal.

Die Black Stars is op 22 na die voorste span ter wêreld – ’n stewige 43 ranglysplekke hoër as Bafana (66ste).

Pitso Mosimane het vandeesweek, op die vooraand van sy eerste wedstryd sedert hy as Suid-Afrikaanse afrigter by Carlos Alberto Parreira oorgeneem het, gesê ’n sege “sal die weg baan” vir Bafana se aanslag op ’n plek in die Afrikanasiesbeker-toernooi in 2012.

“Die uitslag is nie so belangrik soos die manier waarop ons speel nie, maar ’n nederlaag kan dinge moeilik maak – veral omdat ons ondersteuners verwag dat ons dié wedstryd sal begin, soos ons in ons laaste een teen Frankryk gespeel het,” het Mosimane gesê.

Hy het vroeër vandeesweek verras deur die 26-jarige Sthembiso Ngcobo in te sluit as ’n derde doelskieter, ondanks die feit dat dié Kaizer Chiefs-aanwins ’n louwarm seisoen beleef het vir Free State Stars in verlede seisoen se Premier-sokkerliga (PSL).

Ngcobo was die naweek een van die Amakhosi se groot uitblinkers in die Telkom Charity Cup-toernooi en het die wendoel aangeteken in die doodsnikke van Chiefs se halfeindstryd teen Mamelodi Sundowns, om sy span se plek in die titelstryd teen Orlando Pirates te bespreek.

Chiefs het dié wedstryd, op ’n volgepakte Soccer City, met 4-3 gewen danksy ’n strafdoelstryd, nadat Lucky Khune vroeg aan hulle die voortou besorg het.

Sy venynige poging het die bekkige Bucanneers en Bafana-doelwagter, Moeneeb Josephs, sprakeloos gehad; voordat Lucky Lekgwati in die 55ste minuut die gelykmaker behaal het, met ’n goed-gemikte kopskoot.

Intussen het Mosimane vroeër onthul dat hy op soek is na ’n tweede hulpafrigter.

Jairo Leal is sy regterhand, maar Mosimane stel glo belang daarin om die dienste te bekom van Simon Ngomane, sy voormalige hulpafrigter by SuperSport United.

“Leslie (Sedibe, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse sokkervereniging) het my reeds verseker dat dié aanstelling eersdaags gemaak sal word,” het Mosimane gesê.

Sport24.com

 

Lees meer oor: bafana bafana

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2011
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,950.00

TOYOTA

Condor 3000D Estate TE MPV Dsl MY01
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.