Bafana sal uitdraf teen Senegal
2012-01-17 11:01
Johannesburg – Bafana Bafana sal in 'n internasionale vriendskaplike wedstryd teen die Leeus van Teranga, soos die nasionale span van Senegal onder hulle ondersteuners bekend staan, uitdraf.
Dié wedstryd, wat op 29 Februarie sal plaasvind, word beplan ná Nigerië sy wedstryd teen Senegal gekanselleer het, berig die Sowetan.
Die stadion waar die kragmeting sal plaasvind is nog nie bevestig nie, maar dit sal na verwagting op een van die velde wees wat in die 2010-sokkerwêreldbeker gebruik is.
Senegal sal volgens 'n ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging sy groot kanonne saambring, insluitend Demba Ba.
– Lees hier meer.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.