Bafana pak Senegal in Durban
2012-02-06 11:00
Johannesburg – Bafana Bafana gaan in 'n vriendskaplike wedstryd teen Senegal in Durban speel, het die Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa) Maandag aangekondig.
"Ons het 'n ooreenkoms met Senegal bereik en die wedstyd sal op 29 Februarie plaasvind," het Safa se uitvoerende hoof, Robin Peterson, gesê.
Peterson het sy hoop uitgespreek dat Suid-Afrikaanse sokkerondersteuners die Moses Mabhida-stadion sal volpak vir dié kragmeting.
Senegal is tans 43ste op Fifa se ranglys, 13 plekke bo Suid-Afrika, en vyfde op die lys vir Afrika-spanne.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA