‘Bafana kan nóg beter’

2010-08-15 10:45
Tweets Share Share line Print

HET HOM! Katlego Mphela is ’n prentjie van vreugde, nadat hy Bafana Bafana se doel teen Ghana aangeteken het. Op die INLASFOTO kan afrigter Pitso Mosimane kwalik sý blydskap oor dié doel wegsteek. Foto: Themba Hadebe/AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Bafana Bafana se eerste kwalifiserende wedstryd vir die Afrika-nasiesbeker-toernooi sal om meer as net een rede ’n waterskeiding wees vir dié span.

Wanneer Pitso Mosimane-hulle op 5 September op die Mbombela-stadion in Nelspruit teen Niger uitdraf, sal hy vir die eerste keer sedert die begin van die Wêreldbeker-toernooi die onbekende etiket as gunsteling dra.

“Dit gaan ’n heel ander uitdaging wees as teen Ghana,” het Mosimane gesê, kort nadat Bafana vandeesweek op die ENB-stadion (voorheen Soccer City) met die Black Stars afgereken het.

Volgens Mosimane het hy reeds videomateriaal van dié Wes-Afrika-span se onlangse wedstryd teen Nigerië bestudeer. “Ghana het gedink hulle gaan ons van die eerste fluitjie af van die veld af hardloop. Dié ingesteldheid het ons verdediging beproef, maar terselfdertyd het dit ook aan ons die geleentheid gegee om hulle met teen-aanvalle onder druk te plaas.”

Een hiervan het aan Bafana hul wendoel besorg, toe Steven Pienaar die ongeorganiseerde Ghana-verdediging kort voor die rustyd met ’n briljante deur-aangee oopgekloof en skerpskutter Katlego Mphela manjifiek afgerond het.

“Niger verkies om terug te sit en te verdedig en dit het Nigerië oneindig gefrustreer. Teen hulle sal almal verwag dat ons moet wen en daarom sal ons ál die speelwerk moet doen,” het Mosimane gesê.

“Hulle het boonop ’n paar goeie spelers wat in goeie Europese ligas speel, so dit gaan beslis nie maklik wees nie.” Daarom kan die Suid-Afrikaners nie bekostig om oorgerus te raak nie, sê hy. “Dit was belangrik om ons eerste wedstryd te wen, maar daar is nog vreeslik baie ruimte vir verbetering.

“Ons verdediging was skaflik, maar veral in die tweede helfte – toe Ghana ’n tweede doelskieter saam met (Asamoah) Gyan ingespan het – het ons met terug-aangeë eenvoudig hopeloos te veel druk geplaas op Itumeleng (Khune, die Bafana-doelwagter).

“As ons ordentlik verdedig, behoort hy nooit soveel keerpogings te hê nie.”

Die span se fiksheid is nóg ’n kwelpunt. “Dit sou onrealisties wees om te verwag dat die spelers in dieselfde fisieke toestand sou wees as tydens die Wêreldbeker, aangesien hulle vir omtrent ’n maand feitlik niks gedoen het nie.

“Dit het my gedwing om meer plaasvervangers op te stuur in die tweede helfte as wat ek graag wou en het ons ritme versteur.

“Hopelik sal hulle heelwat fikser en skerper wees as hulle eers ’n paar wedstryde in die PSL (Premier-sokkerliga) gespeel het.”

Volgens hom was die verblydendste van dié vertoning die nuutgevonde slaankrag wat Bafana voorlangs gehad het, met die doelskieters Mphela en Bernard Parker.

“Dit is een van die dinge waaroor ek bekommerd was, want ek is nie ’n voorstander daarvan om Killer (Mphela) alleen voor in te span nie,” het Mosimane gesê.

“Ons sal ook ons kanse beter moet benut; dis een ding om in ’n vriendskaplike wedstryd kanse te verbrou, maar iets heeltemal anders wanneer daar werklik iets op die spel is – soos ’n plek in die Afrika-nasiesbeker-toernooi.”

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sokker  |  bafana bafana

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Andre sê... Riaan, dit is wat die Cheetahs verlede week gedoen het.Onthou jy, nou? Buffel, ou Voorvel skree mos vir enige iets. Tot vir die Stormers en WP ook!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Tucson 2.0 GLS MY07
2006
R 119,100.00

FORD

Figo 1.4 Ambiente 5-dr
2011
R 99,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 190,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.