Bafana-doelskieter oppad na Griekeland
2011-01-19 07:12
Kaapstad – Bafana Bafana-doelskieter Bernard Parker sal na Griekse klub Panserraikos skuif van Nederland se FC Twente.
Die nuus is sonder verdere detail op die klub se webwerf bekend gemaak.
Die skuif sal waarskynlik 'n leenooreenkoms tot die einde van die seisoen wees, berig KickOff.com.
Parker het aan die begin van laas seisoen by Twente aangesluit, maar het slegs 17 liga wedstryde sover hierdie seisoen vir die Nederlandse kampioenspan gespeel.
Hy het ook onlangs vir proewe by Leicester City in Engeland gegaan waar sy kanse effens geknou is na nuus van Leicester-breier, Sven-Goran Eriksson, se plan om voormalige Arsenal-ster Thierry Henry by die New York Red Bulls te leen.
Henry oefen tans saam met Arsenal om fiks te bly voor die begin van die Amerikaanse sokkerseisoen.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24