'Bafana-doelskieter nie kitsoplossing'

2010-11-16 09:09
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Leeds United-doelskieter Davide Somma is nie veronderstel om ’n kitsresep te bied om Bafana Bafana se vermoëns voor die doelhok reg te ruk nie, het Suid-Afrika se sokkerafrigter, Pitso Mosimane, Maandag hier gesê.

Die 25-jarige Somma, wat pas ’n driejaar-kontrak met die Elland Road-klub geteken het, is in die Bafana-groep wat Woensdag hier teen die Verenigde State te staan kom in die Nelson Mandela-uitdaagwedstryd.

“Somma is deel van my poging om die nasionale span se spelersgroep te vergroot,” het Mosimane gesê.

Mosimane het in Julie die leisels by Carlos Alberto Parreira oorgeneem.

“Ek verwag nie dat hy al ons probleme moet uitsorteer nie, maar dis ’n goeie geleentheid vir hom. Hy’s ’n goeie speler en het die laaste ruk heelwat doele vir Leeds geskiet. Hy’t ’n goeie liggaam, ’n goeie kop en sy beweging sonder die bal is baie goed,” het Mosimane gesê.

Somma is van Italiaanse afkoms en is aan die Oos-Rand gebore.

Hy het as kind na die VSA geëmigreer en het sokker daar en in Spanje gespeel. Hy is later na Italië waar hy by verskeie klubs diens gedoen het voordat hy terug na Amerika is om in die MLS te speel.

Verlede jaar is hy na Engeland waar hy die owerstes by Leeds beïndruk het en die vyfde Suid-Afrikaner geword het wat vir dié klub teken.

Die ander was Gerry Francis, Albert Johanneson, Lucas Radebe en Phil Masinga.

Mosimane het video-opnames van Bafana se mees onlangse wedstryde na Somma gestuur sodat die doelskieter vertroud kan raak met hul speelstyl.

“Ons tegniese span het hom die opnames laat kry en nou werk ons hard daaraan om hom in te burger. Dit sal hom help om gouer te verstaan wat ons doen. Ek soek nie noodwendig ’n doel van hom nie, net ’n goeie bekendstelling in die nasionale span,” het Mosimane gesê.

Bafana Bafana sal vanoggend voltallig wees as Bevan Fransman van Hapoel Tel Aviv sy opwagting maak.

“Daar is weliswaar net een en ’n halwe dag om behoorlik voor te berei, maar dit behoort nie te verhinder dat ons volgens ons gewone styl speel nie – ’n styl waarvan mense sal hou.

“Dis ’n amptelike Fifa-wedstryd en ons respekteer dit as sulks, nes ons ons voormalige president Mandela respekteer. Dit sal ’n invloed hê op waar ons op die wêreldranglys is.

“En ons speel teen die VSA. Dis nie ’n hierjy-span nie, maar ’n gerekende een met goeie strategie en goeie taktiese dissipline,” het die breier gesê.

Die Amerikaners het eergistermiddag in die Kaap aangekom en gisteroggend in ’n gimnasium geoefen voordat hulle gistermiddag in die Kaapstad-stadion geoefen het.

Bafana Bafana het ’n ligte oefening in Philippi gehad.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Corrie sê... TEAM PLAYED WON LOST DREW POINTS FOR POINTS AGAINST TRIES FOR TRIES AGAINST LOSS BONUS TRIES BONUS POINTS Combined Log Chiefs 12 10 2 0 330 247 35 18 1 4 53 Stormers 11 10 1 0 245 171 19 12 1 0 49 Brumbies 11 7 4 0 302 237 33 21 4 4 44 Bulls 12 8 4 0 371 274 38 27 4 4 48 Al daai papsak suiers...die bulle se 'swak' rugby ten spyt...kyk biki daar waar staan 19 12 by die stormers en 38 27 by die bulle....dis driee vir en driee teen....! net een span het meer driee gedruk sover as die bulle...so wag maar en sien...stormers kan nie altyd net op verdediging staatmaak nie...nou kom die fase waar die bulle gaan 'peak' en dan is dit maar weer snot en vistrane ini kaap....hierdie te vroeg 'peak' van die stormertjies is soos julle girls daar kla oor julle manne se "premature climaxing" op ander gebiede ook....en soos julle girls onbevredig gelos word...so word julle ondersteuners gelos met lee trofee kaste...shame siestog foeitog....g'n wonder ons beleef sulke lekker tye met julle vrouens as ons daar gaan kuier nie.... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Fiesta 2.0i ST150 3-dr
2007
R 169,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.5 Di-DC D-Cab Dsl PU MY08
2010
R 244,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.