Bafana buk vir ses van die bestes
2009-09-08 22:57
Limerick, Ierland - Die Suid-Afrikaanse sokkerspan het Dinsdagaand vir die sesde keer in ’n ry ’n pak slae gekry, dié keer by Ierland.
Bafana Bafana het 1-0 teen die Europeërs verloor tydens ’n vriendelike wedstryd op Thomond Park, Limerick.
Die Ierse afrigter, Giovanni Trapattoni, het agt van sy gewone spelers teruggehou, maar Bafana kon steeds nie daarin slaag om ’n wen in te palm nie.
’n Doel vanaf 30 m deur Liam Lawrence in die 37ste minuut het die telbord oopgemaak en ook die doodskis oor die Suid-Afrikaanse span geseël.
- Sapa