Bafana-breier waarsku

2010-07-16 07:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Pitso Mosimane wil geen gunste van sy “nuwe” werkgewer hê nie, maar dan moet sy spelers ook nie verwag om langer gepamperlang te word nie.

Die 45-jarige Mosimane is Donderdag as die nuwe Suid-Afrikaanse sokkerafrigter – die 17de in 18 jaar – aangewys nadat Carlos Alberto Parreira die tuig neergelê het ná Bafana Bafana se mislukte Wêreldbeker-veldtog.

En Mosimane, wat in 2006 as hoofafrigter waargeneem het en die afgelope drie jaar Parreira se regterhand was, het sommer reeds met die intrapslag gewaarsku dat hy nie “baantjies vir boeties” sal duld nie.

“Elkeen moet homself opnuut bewys en ek is geen uitsondering nie,” het Mosimane aan Sport24 gesê.

“Uitslae is al wat tel in sokker en ek verwag dat ek net beoordeel sal word aan hoe die span onder my vaar.”

Hoewel hy ’n kontrak van vier jaar met die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) onderteken het, kan dit opgeskort word as Bafana nie vir die Afrikabeker- en die Wêreldbeker-toernooi in onderskeidelik 2012 en 2014 kwalifiseer nie.

“Ek is nie hier om die appelkar om te keer nie, maar ek sal ook nie huiwer om veranderinge aan te bring as dit nodig is nie.”

Volgens hom staan die deur na die nasionale span steeds oop vir ’n speler soos Benni McCarthy, wat weggelaat is uit Bafana se Wêreldbeker-groep ná sy beweerde gefuif in die spanhotel in Sandton.

“Bestendigheid is nou belangrik en daarom sal ek nie sommer karring aan my afrigtingspan nie.”

Dit beteken dat Jairo Leal, nog een van Parreira se hulpafrigters, en die fiksheidskundige, Francisco Gonzalez, sal aanbly.

Bafana speel reeds op 11 Augustus in ’n vriendskaplike wedstryd op Soccer City teen Ghana, waarna die span sy aanslag op ’n plek in die Afrikabeker-toernooi in die Mbombela-stadion in Nelspruit teen Niger begin.

- Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter  te volg.


binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Eidel sê... Stormers julle het karakter gewys oor-see toe die beserings so erg was. Nou kan julle weer vir die land wys wat is karakter en hoe speel julle vir mekaar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Service Account Manager (CRM development experience)

Cape Town, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

EXCEL ANALYST

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.