Bafana-breier bedank
2009-10-19 17:16
Johannesburg - Joel Santana, Bafana Bafana-breier, het Maandag bedank. Die aankondiging is Maandagmiddag ná ‘n vergadering met Safa se nuutverkose komitee gemaak.
Kirsten Nematandani, Safa se president, het gesê die bedanking was ‘n ‘gesamentlike ooreenkoms”.
Dié besluit is gemaak ná die Safa se nuutverkose komitee Maandag vergader het.
Die komitee het na 'n verslag deur die drie assessore, Jomo Sono, Gavin Hunt en Clive Barker geluister oor die vriendskaplike wedstryd tussen Bafana Bafana en Ysland.
Dié komitee sal Vrydag vergader om 'n nuwe afrigter aan te stel.
Carlos Alberto Parreira se naam is reeds in die hoed gegooi.
Jairo Leal en Pitso Mosimane, sy assistente, is intussen as waarnemende afrigters aangestel.
Vroeër is berig dat Santana die trekpas gekry het.
– Sapa