Bafana begin 2014-veldtog

2010-08-04 07:41
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Bafana Bafana moet géén gunste verwag van Ghana nie wanneer dié spanne aanstaande week in ’n vriendskaplike sokkerwedstryd slaags is.

Trouens, sou die Black Stars met enigiets minder as hul sterkste span in die Socer City-stadion opdaag, sál hulle op die vingers getik word.

Só het Leslie Sedibe, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), gister gesê oor Bafana se eerste wedstryd ná hul mislukte Wêreldbeker-veldtog – en Pitso Mosimane se eerste as afrigter.

Volgens Sedibe wag ’n vuurdoop op Carlos Alberto Parreira se opvolger, nadat Ghana so byna die eerste Afrika-span tot nog toe geword het wat die halfeindronde van die Wêreldbeker-toernooi haal.

“Ons het dit duidelik gemaak dat ons ’n volsterkte span verwag, met die kern van die spelers wat so goed vertoon het in die Wêreldbeker-toernooi,” het Sedibe gesê.

“Ghana was tevrede met die ooreenkoms en het aanvaar dat hy streng beboet sal word, sou hy nie aan dié eis voldoen nie.”
Mosimane het reeds gesê verskeie jongelinge sal vir die kragmeting gekies word, ten einde die span te herbou vir die volgende WB-toernooi – in 2014 in Brasilië.

Dít kan beteken dat die koppe van hardebaarde soos Aaron Mokoena, Bafana se Wêreldbeker-kaptein en mees ervare speler, Matthew Booth, Benni McCarthy en Surprise Moriri finaal kan rol.

Terselfdertyd kan groentjies soos Siyanda Xulu, Siya¬bonga Sangweni, Thanduyise Khuboni, Daylon Claasen en Kermit Erasmus ingespan word.

“Die klem is op 2014, maar ek wil hulle geleidelik deel maak van die span en aan sokker op dié vlak blootstel,” het Mosimane verlede week gesê.

“Dit sal dom wees om eensklaps van ál die ervare spelers ontslae te raak.”

Daarom sal MacBeth Sibaya straks speelkans kry.

Dié 32-jarige middelveldspeler het gister aan kickoff.com bevestig dat hy gevra is om hom later die week by die Bafana-kamp aan te sluit.

Hy was een van die span se groot uitblinkers in die WB-sege van 2-1 oor Frankryk in Junie in Bloemfontein.

“Ek het ’n brief ontvang van Safa, wat sê dat ek gekies is,” het Sibaya vanuit Rusland, waar hy vir die klubspan Rubin Kazan speel, gesê.

“Dis uitstekende nuus, aangesien ek duidelik deel is van Pitso se planne.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: ghana  |  bafana bafana  |  sokker  |  2010

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

aduvenhage sê... Moenie worry nie. Soos SBW deur die range opstyg gaan hy beslis iemand teekom wat sewe kleure ### uit hom uit gaan ####. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 198,950.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT MY09
2010
R 371,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.6 Base 5-dr
2011
R 136,153.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.