'Angola het mans in vrouespan' - foto's
2011-01-19 12:26
Windhoek - Namibië sal protes aanteken dat bewys van die geslag van drie spelers van die Angolese vrouesokkerspan gelewer moet word, het Barry Rukoro, sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging (NSV), Dinsdag teenoor die Republikein-koerant bevestig.
Rukoro het gesê hy glo dat daar geldige redes is vir aantygings teen sekere spelers van die Angolese span wat die naweek in Luanda met 2-2 teen Namibië gelykop gespeel het.
“’n Soortgelyke voorval was die Nigeriese Sokkervereniging wat verlede jaar ’n protes oor die geslag van een van die spelers van Ekwatoriale Guinee in die sewende Afrika Vrouekampioenskap in Suid-Afrika ingedien het," het Jacky Gertze, uitvoerende raadslid van die NSV gesê.
Vir foto's van die spelers onder verdenking en die volledige storie, kliek hier.
- Republikein