Alle oë op Fifa-jaarkongres
2011-05-31 15:30
Kaapstad - Afgevaardigdes het Dinsdag in Zurich begin aankom vir Fifa se jaarkongres te midde van die grootste krisis in die geskiedenis van sokker-administrasie, het RSG berig.
Die huidige president, Sepp Blatter, sal waarskynlik Woensdag in die amp herkies word.
Die proses kan slegs gestop word indien 'n drie-kwart van die 208 nasionale verenigings besluit om nie met die verkiesing voort te gaan nie.
Waarnemers sê dit sal 'n groot sokkerland soos Duitsland of Engeland moet wees wat die eerste skuif maak om die verkiesing te stuit.
Kleiner lande is té afhanklik van Fifa vir befondsing en sal huiwerig wees om hul stem dik te maak.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- RSG