Ajax kom nou tuis by Kaapstad-stadion
2011-08-02 20:59
Johannesburg – Ajax Kaapstad het bekendgemaak hulle sal hul tuiswedstryde vir die volgende drie jaar by die Kaasptad-stadion speel.
Die Urban Warriors het op hul webtuiste aangekondig hulle het ‘n ooreenkoms met die Stad Kaapstad aangegaan.
“Ons is trots om die Kaapstad-stadion ons nuwe tuiste te noem,” het die hoof van Ajax, George Comitis, gesê.
“Ons het planne om alle Kapenaars uit die vennootskap te laat baat,” het hy bygevoeg.
Ajax Kaapstad het aangekondig sowat 150% meer toeskouers het sedert die span verlede jaar die stadion begin gebruik het wedstryde bygewoon.
– Sport24
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.